Wednesday, January 6, 2016

Nuwe gedagtes vir 2016

Die IKG het nie baie gebruik gemaak van die blogruimte oor die afgelope vier jaar nie; ons werk nog steeds aan die konsep en die aktiwiteite van die organisasie. Ons is tans meestal gerig op seminare en publikasies en beplan vir die jaar 2016 verskeie geleenthede waar ons oor geskiedkundige sake gaan gesels. Ons sal die inligting wel deurgee sodra dit verder gefinaliseer is. Miskien sal ons dan ook begin om lede te werf as gespreksgenote in hierdie blogruimte. Die werf is maar 'n voorlopige eksperiment en word nog nie volbloed bemark of bedryf nie.