Wednesday, September 12, 2018

Publikasies van die IKG

Die IKG het vanjaar verskeie opsommende kommentare gelewer onder die vaandel OORSIG & REPLIEK asook FILOSOFIE & POLITIEK. Dit handel meer oor die "groter prentjie" waarin ons as Afrikaners ons bevind. Stuur gerus 'n e-pos aan redakteur48 @gmail.com  vir meer besonderhede daaroor. Ons het ook 'n verslag oor die ANC se beleid oor grondonteieining aan die parlementêre komitee wat daarmee handel, voorgelê. 'n Afskrif daarvan kan ook aangevra word. Die jaar 2018 het die verval in ons land op vele wyses aan die lig gebring; elke dag is daar nuusgebeure wat dit bevestig -- en nou het ons ook nog te doen met die amptelike erkenning dat die ekonomie in 'n resessie verkeer. Pas het die polisie se eie statistiek aangetoon dat daar nie effektiewe beheer oor misdaad is nie. Die moordsyfer het met nagenoeg 7% oor een jaar gestyg, die sesde agtereenvolgende jaar waarin die getal moorde steeds styg. Die aantal moorde het van 15 000 in 2011 tot 20 000 in 2017/18 gestyg. Die minister van polisie, Bheke Cele, het in die parlement gesê Suid-Afrika het nou in 'n oorlogsone verander.  [Redakteur, 10 Sept 2018]