Die IKG het vanjaar verskeie opsommende kommentare gelewer onder die vaandel OORSIG & REPLIEK asook FILOSOFIE & POLITIEK. Dit handel meer oor die "groter prentjie" waarin ons as Afrikaners ons bevind. Stuur gerus 'n e-pos aan redakteur48 @gmail.com vir meer besonderhede daaroor. Ons het ook 'n verslag oor die ANC se beleid oor grondonteieining aan die parlementêre komitee wat daarmee handel, voorgelê. 'n Afskrif daarvan kan ook aangevra word. Die jaar 2018 het die verval in ons land op vele wyses aan die lig gebring; elke dag is daar nuusgebeure wat dit bevestig -- en nou het ons ook nog te doen met die amptelike erkenning dat die ekonomie in 'n resessie verkeer. Pas het die polisie se eie statistiek aangetoon dat daar nie effektiewe beheer oor misdaad is nie. Die moordsyfer het met nagenoeg 7% oor een jaar gestyg, die sesde agtereenvolgende jaar waarin die getal moorde steeds styg. Die aantal moorde het van 15 000 in 2011 tot 20 000 in 2017/18 gestyg. Die minister van polisie, Bheke Cele, het in die parlement gesê Suid-Afrika het nou in 'n oorlogsone verander. [Redakteur, 10 Sept 2018]
Wednesday, September 12, 2018
Thursday, April 12, 2018
ONS e-PUBLIKASIES in 2018-2019
NUWE PROJEKTE BY DIE INSTITUUT VIR KULTUUR EN GESKIEDENIS
Regs bo verskyn 'n beeld van die e-tydskrif waarmee die IKG hierdie jaar (2018) weggespring het. Die tydskrif vaar onder die naam Filosofie & Politiek, wat ons soms afkort as FEP.
Hieronder (regs onder) is 'n indruk van die nuusbrief met die naam OORSIG en REPLIEK.
Die reaksie op albei hierdie e-publikasies was tot dusver baie goed; ons benodig egter baie groter deelname onder Afrikaanse lesers landwyd en oorsee. Oorsig & Repliek word gratis versprei; terwyl Filosofie & Politiek 'n inskrywingsfooi vra. ________________________________
Doen gerus verder navraag by redakteur48 aapstert gmail.com.
__________________________________
Naskrif, 23 Aug 2024: Baie water het intussen onder die brug deurgeloop. Skrywer van hierdie nuusbriewe het oor die afgelope 30 jaar 'n verskeidenheid van rubrieke hanteer, asook spesiale publikasies van die IKG. Hierdie genoemde nuusbrief verskyn nie meer nie. Sedert 2023 het die IKG 'n aantal nuusbriewe gepubliseer en versprei onder die naam Tafelgesprekke. Nota: 23 Augustus 2024. Dit is nog beskikbaar as pdf-dokumente.
Subscribe to:
Posts (Atom)