Ek bly 'n groot ondersteuner van waterverf-kuns. Dit bied 'n gulde moontlikheid om spontaan te werk, en om verrassende effekte te bereik. Hierdie landskap is een van die voorbeelde daarvan. In teenstelling hiermee kan daar met waterverf baie presiese, gedetailleerde en goed beplande beelde geskilder word. In hierdie landskap kan mens sien hoe kleure in mekaar gevloei het. Ek plaas dit hier om die skoonheid van ons land in herinnering te roep. Ons sing immers: DIE HOOGLAND IS ONS WONING. Die gesprekke oor ruimtelike ordening en die toekoms van die Afrikanervolk duur onverpoos voort. Besef almal dat ons ons eersgeboortereg in 1990-1994 (ons eie vaderland) verkoop het toe die liberale "Afrikaner-regering" onder FW de Klerk besluit het om gemene saak te maak met terroristeleiers, kommuniste en geweldenaars. So het sogenaamde "Afrikaners" van ons vaderland 'n misdaad-paradys gemaak, in plaas van 'n tuiste vir die nageslag.
No comments:
Post a Comment