Thursday, May 3, 2012

100 Jaar na De Wildt - Konferensie in Pretoria

Die IKG bied op Saterdag 26 Mei 2012 'n konferensie aan in Pretoria onder die tema: 100 Jaar na De Wildt. Generaal JBM Hertzog se toespraak by De Wildt in 1912 is die gebeurtenis waarby hierdie konferensie aansluit, en die verrigtinge vind by die Afrikanersentrum plaas. Indien u belangstel om dit by te woon kan u die volgende nommer skakel: Tel 082 9219706. (Hieronder verskyn die advertensie vir die konferensie)
Die program bestaan uit vier referate wat elkeen gevolg word deur vrae en besprekings. daar word onder andere gefokus op die optrede van generaal JBM Hertzog in die jare 1912-1914; die agtergrond tot die Rebellie van 1914; die ontwaking van die Afrikaans-nasionale strewe; en die skrywers en denkers wat in daardie era 'n belangrike rol gespeel het. Onder andere sal daar ook besin word oor die Afrikaners se Calvinistiese lewensbeskouing in die volkslewe, en kultuurprojekte soos die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Die taalstryd en die onderwys was onder die nuwe arenas waarin die volkstryd voortgesit is tot groter selfstandigheid en vryheid na die Tweede Vryheidsoorlog.
















Registrasie begin om 08:00 vir 08:30. Die Afrikanersentrum is bereikbaar vanuit Paul Krugerstraat.
'n Inskrywingsfooi van R150 is betaalbaar en dit sluit 'n ligte middagete in.  -  Redaksie.
_______________________________________________________________________

No comments:

Post a Comment