Thursday, May 3, 2012

Die IKG se Nuusbrief 2012


Die IKG se eerste Nuusbrief is tans in voorbereiding en sal aan al die vriende van die IKG gestuur word. Dit is 'n kort kommunikasie waarin allerlei sake aangesny en interessanthede meegedeel kan word. Die eerste Nuusbrief verskyn teen die middel van Meimaand 2012. Om 'n vriend van die IKG te word hoef u ons net u besonderhede en e-adres te stuur. Daar is geen ledegelde betaalbaar nie en die Nuusbrief word gratis versprei.  Daar verskyn ook 'n leuse onder aan die mashoof - dit weerspieĆ«l kortliks die werk wat ons saam met vriende wil aanpak: "Streef na die toekoms met standvastigheid, wysheid en geloof". Hoewel dit nie so uit president SJP Kruger se laaste boodskap kom nie, laat diĆ© gedagte mens onwillekeurig daaraan dink.
    -  Die Redaksie. 
________________________________

No comments:

Post a Comment