Jan van Riebeeck skryf in 1654 in sy dagregister die belofte neer om "desen dagh, den 6en April wesende, van Godes eer met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vastblijvende danck ende bededagh in te stellen, ten eijnde daer bij des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen noijt vergeten, maer altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden moge worden." Dit is duidelik dat Van Riebeeck en sy geselskap die historiese betekenis van 6 April 1652 goed begryp het; en daar word soms ook na hierdie onderneming as Van Riebeeck se Gelofte verwys. 6 April word dus toegewy aan die Here as 'n spesiale dankdag en 'n biddag. Veel meer hoef nie gesĂȘ te word oor wat dit dan eintlik vir ons behoort te beteken nie.
No comments:
Post a Comment