Tuesday, April 5, 2011

Wat gaan hier gebeur?

Ons gesels hier van tyd tot tyd oor 'n verskeidenheid van temas wat almal op die een of ander manier verband hou met vraagstukke oor die geskiedenis of kwessies rondom kultuur. Dit is 'n wye agenda, maar dit is uiteraard 'n Afrikaanse werf (hoofsaaklik) en daarom sal die gesprekke of insette wel verband hou met Afrikaners se unieke probleme en uitdagings. Ons het immers 'n breë gemeenskaplikheid in ons Westerse Christelike beskawing. Lesers wat hoegenaamd in geskiedkundige vraagstukke en in kultuur as sulks belangstel sal hier tuis voel. Ons sal mettertyd ook skakels na ander werwe wil insluit waar soortgelyke gesprekke plaasvind.

2 comments:

  1. Ons werk nog aan die tegniese sy van sake op hierdie werf; nog nie juis aan die inhoud nie. Die gesprek sal waarskynlik taamlik in isolasie begin, en hopelik kring dit hiervandaan uit na ander lesers en belangstellendes. Een vraag rondom die doelstellings: is dit gans en al te breed gestel?

    ReplyDelete
  2. Die tyd sal leer of die gesprek 'n behoorlik rigting inslaan; hou maar die ruimte dop - en skryf of dink saam met ons oor hoe die Afrikaners inpas in die moderne wêreld, hoe ons omgaan met ons kultuur, en of ons nog erns maak met ons Wes-Europese kultuurbande. Is die kulturele agtergrond nog vir ons van betekenis? Indien wel, hoe?

    ReplyDelete